Fodder - Voere > Bosvoer

Wie doen voer- en misanalise?

<< < (3/4) > >>

Arthur_Götz:
Analytical Services in Windhoek, northern industrial area, Sabine Rügheimer.

Arthur_Götz:
OK, so die probleem met die dorings in die plakkies is dus taken care of. Maar die probleem met rumensoda in jou longe? (miskien ignoreer jy my liewer eers, een van die contactors vir ons hamermeul het vandag gekalf en dit kos N$500. Ek is dus moerig.)

Arthur_Götz:
En laat weet asseblief hoe dit met die boomlusern gaan wanneer U weet. Ek is seker die mense hier sal in díe tipe inligting belangstel.

Arthur_Götz:
Boom lusern is vir middellandse see klimaat areas

Arthur_Götz:
Ek het `n maand gelede ernstig na boomlusern, of tagasaste, gekyk. Volgens my teoretiese berekeninge sal ons omtrent 4ha moet aanplant, oftewel 4200 boompies, om nie aan bos hoef te raak nie wanneer die droogte weer byt. Maar op die einde van die dag is daar maar min werklike suksesverhale van boomlusern in Namibië, want dit hou nie van ons kort, sterk reëns nie. En waar boomlusern `n aardige klomp geld kos om aan te skaf, is ons bos verniet.

Wat nie wil sę die idee is heeltemal dood nie. 4,200 boompies x 15kg/jaar x N$ 2.50 per kg = N$ 157,500 brutto inkomste per jaar, wat glad nie sleg is nie vir 4ha sonder besproeing. Mens moet net maniere vind om die land goed te dreineer...

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version